Nuwe Stemme 5

recensies

Versindaba (14-06-2013)

Carina van der Walt maak aanspraak met die mona lisa-obsessie in “Amon L’isa” (79) en “kontra-komposisie” (81) word ʼn slim kuns-paper chase.
Joan Hambidge
Lees verder 

Litnet (10-12-2013)

Carina van der Walt se gedigte fokus op die kunste en lewer kommentaar op die kontekste, hersirkulering, verbruik en misbruik van kunswerke (soos wat Hambidge ook dikwels doen). Die eerste gedig lewer kommentaar op die verwerking van Da Vinci se Mona Lisa deur die populêre kultuur (vgl. die verwysing na Dan Brown in die titel), kunstenaars soos Marcel Duchamp met sy “readymades” en die onsensitiewe “orgie van aanskouing” waaraan sy daagliks blootgestel word in die kunsmuseum. Die gedig “volledig volmaakte oneetbare kersies” roep Gerrit Kouwenaar se sublieme gedig waarin die maan beskryf word as ’n “volledig volmaakte oneetbare perzik” op om die sensuele herinneringe losgemaak deur ’n kunswerk waarin kersies “kitscherig onder sand en skulp / vasgeskilder is” na vore te bring. Louise Viljoen
Lees verder

Tijdskrif vir Letterkunde (jaargang 51, nommer 2, 2014)

Van elk van die ander digters in die bundel is daar ten minste een gedig wat ’n vars perspektief aanbied en wat vermelding verdien: “kontra-komposisie” (Carina van der Walt) e.a.
Amanda Louwrens
Lees verder