boeken
2020
STILSPRAAK, Strijdom van der Merwe en Landkuns

Populêr-wetenskaplike kunsboek
2020
African Sun Media
Stellenbosch
Van der Merwe se tweede konsep is vir twéé aardetekens aanvaar. Die konola en koring sou oor vier maande verskillende groeisiklusse in die natuur uitbeeld.
Die hoogtepunt van hierdie projek was rondom 10 September toe baie motoriste eenvoudig móés stop om foto’s daarvan te neem. Hulle het vir die speelse wiele gewuif en gewonder wat dit is. Die Aarde (2018) het pragtig in goudgeel kanola tussen die volwasse koring geblom. Beide gewasse was op die top van hulle groeifases.
Die Aarde was die perfekte voorbeeld van sowel eko- as proseskuns.
n Foto daarvan pryk nou op die buiteblad.
publikasiedatum 15 Oktober
digitaal bestelbaar:
orders@africansunmedia.co.za
GOOGLE BOOKS: https://bit.ly/2ID1QHd
TAKEALOT: https://bit.ly/2T555ZJ
2018
Parys Etudes

Kunstenaarsboek
2018
selfie
sy kam haar heuningblonde hare
terwyl ’n geur van amber daaruit styg
sy vis uit haar skouersak ’n bossies blou Franse
lelies & ’n swerm hommels wat daarom zoem
– die hariges ruik dit sy’s nog ’n byemaagd
sy dra die familiewapen soos ’n sagte swaard
haar oë druip hars gestol in barnsteen
terwyl ’n kleur van amper daaruit straal
sy staan so ingehoue aandagtig & kyk
asof agter haar rug ’n ry streng oumas
asof agter die spieël voor haar ’n lyn
van vroue vir alle sonoorgote môres
haar oogopslag is wys vir haar 9 jaar
& ryk aan dié wete van oneindigheid
2015
Amalgaam

Tweetalige Dichtbundel
2015
Uitgeverij IJzer
Utrecht
Piaf
die mossies van Parys
lewe ’n sekondetik lank
van die krummels
van die baie mense
op die somerse terasse
padam padaam padam
kort is hulle lewe & vaal
padam padaam padam
min hulle waarde in swart
padam padaam padam
hulle hop-hop liggies
van tafels na stoele na
sypaadjies tussen voete
van al die baie mense
op die somerse terasse
padam padaam padam
lank was haar lewe & lyding
padam padaam padam
veel haar waarde in swart
padam padaam padam
die mossie van Parys
was so eenders en so anders
as die mossies van Parys
2013
Nuwe Stemme 5

Bloemlesing
2013
Tafelberg
Kaapstad
Amon L’isa
eensaam in ’n sel van glas
staar jy mat na hulle wat
kollektief weet wie hulle is
en hulle aan jou opdring
– begeerte en walging
in gelyke maat
man en vrou –
aanvanklik is jy selfbewus
tot lewe gestreel
uit die skugter skildershand
van Leonardo da Vinci
later blatant gedistingeer
deur Marcel Duchamp
met strepiesnor en bokkebaardjie
L.H.O.O.Q.
nou word jy in besit geneem
deur kameragaatjies beloer
die ster van ’n peepshow
’n orgie van aanskouing
L.O.L.